DIE ONBEKENDE LIRIEKE


1.   Glo
         Woorde & Musiek Jac Blanc

Sien jy my anders of sien jy my ook so?
Klou jy jou twee hande net vas omdat jy glo?

Jy glo in my.  Jy glo in my en my drome.      
Glo in my.  Jy glo in my volkome.

Sien die dagbreuk more heeldag in skerwe nie so skerp.
In elke dag ‘n gedagte maar ook ‘n wonderwerk.
Ek vind bietjies vrede op ‘n kronkelpad gestrooi.
Ek bring stukkies huistoe en verf dit immer-rooi.

Want ek glo in jou.  Ek glo in jou en jou drome.      
Glo in jou.   Ek glo in jou volkome.

Dou voor dag ontwaak jy weer my glimlag.      
Breuk my donker deure met sonskyn af.
Net voor ek val vang jy my onverwags,want jy glo in my.


‘n Breukdeel van ‘n sekonde, bereken my hartklop.
Die see klink opgewonde, sy getye sal nooit stop.

Want jy glo in my.  Jy glo in my en my drome.      
Glo in my.  Jy glo in my volkome.

Dou voor dag ontwaak jy weer my glimlag.      
Breuk my donker deure met sonskyn af.
Net voor ek val vang jy my onverwags.

Ek sien jou nou anders, as sommer net so-so.
Ek klou nou my twee hande ook vas omdat ek glo.

                               
2.   Solitaire
         Woorde & Musiek Jac Blanc

Wolke pak saam om my heen, ek weet ek't gebid vir reën, en dis hoe jy my seen. Ek vrees die dreigende donder weer, want ek is kaalgestroop; ek’s kaalvoet sonder hoop. Sal ons die berge veilig oorsteek? Hulle weier om antwoord te gee, as hulle my hoor skree. Vuurtoring flikker weer verkeerd.Ons is veilig deur die mis, maar iets voel so verkeerd.
                             
Sal ons paaie ooit, ooit, ooit weer kruis?

Ek probeer die spikkels nou verbind, maar als is deurmekaar, ek’s deel van jou spookverhaal. Jou buitelyne, die silhoette, is al wat ek oorhet, dis al wat ek nodig het. Ek’s so bang die kleur kom skielik deur en die trane wat jou verskeur, die trane van ons verlede.

Sal ons paaie ooit, ooit, ooit weer kruis?

Ek onthou die sinkplaat op die stofpad, die uitswaai voor jy indraai, die samesyn in Solitaire, en hoop jy maak ook so.
Ek onthou die stilte van die sonsak, die knetter van ‘n kampvuur, sangria soos ons feesvuur oor die reuk van die eerste reëns

Sal ons paaie ooit, ooit, ooit weer kruis?

Ek mis my tyd in solitaire; oop vlaktes en appeltert. Dis al wat mens nodig het; dis al wat ek nodig het.

                                              
3.   Ontrafel
         Woorde & Musiek Jac Blanc

Jou arms stywer om my nek dit voel of ek; ek en jy, in jou arms.

Sy probeer my oopsny en ontleed my hele lewe. Diep binne my ondersoek sy en ontrafel my verlede. Die donker breuk in stilte, my hart roep hard na jou. So bang sy sien al my foute, my binnekant is buite; by jou.

Met haar mes wil sy my hart wen. Met haar mes wil sy my leer ken. Vra my net, en ek se jou alles.  Vra my net, en jy sal sien…:      Ek's net soos jy.

Jou arms stywer om my nek dit voel of ek; ek en jy versmoor.

Jou arms stywer om my nek, voel of ek versmoor. Wie sal my uit die dood opwek, ek sien net een ry spore;  voor my.

Vra my net, en ek se jou alles.  Vra my net, en jy sal sien:     
Ek’s net soos jy! Net soos jy.  Ek’s net soos jy.
   
               
4.   Uiteindelik
         Woorde & Musiek, Jac Blanc

Ek trap weer in jou lokval, vir die duisendste maal.
In die water onderdeur die brug, was ek weer my gesig.

Ek vind uiteindelik geluk en ek vind weer myself.
Ek vind uiteindelik my plek in die wereld so mal.

Ek gee voor ek’s ontwapen, maar jy vlug steeds voor my uit.
Ek ontvoer jou liggaam, maar jou siel kom nooit meer saam.

Ek vind uiteindelik geluk en ek vind weer myself
Ek vind uiteindelik my plek in die wereld so mal.
Die wereld so mal.  Die wereld so mal.
  
Herhinner my aan 'n tyd van klaarblyklike blydskap.
Blykbaar bly jy nou in n siersteenhuis in blouberg.

Ek vind uiteindelik geluk en ek vind weer myself.
Ek vind uiteindelik my plek in die wereld so mal.
Die wereld so mal.  Die wereld so mal.

Ek vind uiteindelik geluk. Ek vind uiteindelik… 


5.   My Verbeelding
         Woorde & Musiek, Jac Blanc

Ek hoor die trein volg weer in my spore,  kompas bevestig ek’s verlore. Was jou aanduidings net meer duidelik,  sou ek kon sien en dit als vermy het.

Die regte een! Die regte een? Die regte een; as ek terugdink was dit regtig. Of was dit my verbeelding?   Net my verbeelding? Was dit my verbeelding? 
      
In jou bomskuiling voel ek veilig, my vryheid geen nut ek was so onveilig. Vergader in die donker, jou planne beraam my ondergang waarvoor jy bestaan het. In my bomskuiling voel jy veilig, weggesteek van jou verlede. Ek hoor jy’t die perfekte ontsnaproete ontdek, gekoppel aan jou selfsug loop jy dit alleen.

Die regte een! Die regte een? Die regte een; as ek terugdink was dit regtig.  Of was dit my verbeelding?   Net my verbeelding? Was dit my verbeelding? 

Wie in die wereld sou kon dink dat die winterson jou kon verblind. En die lig wat rigting vir my aandui is dieselfde son wat jy vermy. Kort voor lank aan die suide kant  kom die weste wind baljaar. Lig en sag deur jou ligte hare ; jy oorleef die orkaan. Seisoene  draai-draai.

Die regte een! Die regte een? Die regte een; as ek terugdink was dit regtig. Of was dit my verbeelding?   Net my verbeelding? Was dit my verbeelding? 






6.   Eb en Vloed (Wapens)
         Woorde & Musiek Jac Blanc

Jy  hou in my; jy hou in my jou vryheid en jou kruis.
Jy  hou in my; jy hou in my jou vloed en jou eb-gety.
Ek sien die buitelyne van jou skip. Ek klou aan jou soos jy aan my ek voel jou glip.

Ek hoor jou smeek… Le neer jou wapens. Le neer jou wapens vanaand. Jy bombardeer my met jou wapens. Le neer jou wapens vanaand. Die vrede sal verstaan.

Jy  bly by my; jy bly by my deur al jou vreugde en al jou pyn.
Jy  bly by my; jy bly by my wanneer in vrede en in tweestryd. Ek sien swaar weer, tog skyn die son op die horison. Net voor dit reen toe voel ek weer n hittegolf.
   
Ek hoor jou smeek… Le neer jou wapens. Le neer jou wapens vanaand. Jy bombardeer my met jou wapens. Le neer jou wapens vanaand. Die vrede sal verstaan

Hoor jy my ook smeek?

Le neer jou wapens, le neer jou wapens laat dit staan. Jy bombardeer my met jou wapens.
Le neer jou wapens vanaand, want more moet ek gaan.

7.   Vir Ander
         Woorde Jac Blanc & Musiek Darryl de Lange

Onder dieselfde sterre moet ons twee weer vanaand tot ruste kom. Moet ek myself  beheer en myself bedaar en my lot aanvaar. Onder ‘n sterrelose hemel sink ek weg en hunker ek na verre lande, ver vergete in die mis van tyd, nou net soos altyd.

Oordeel my vooruit, graf wat jy ronddra in al jou vrae. Breuk die stiltestryd, ons moet verander net vir ander.          

Sonder dieselfde see aan ons voete baljaar die branders steeds jaar na jaar. Solank ons stilbly, solank as moontlik, sal die vrae verdwyn. Bewonder die oë wat jy jou bewonder agter glas, geraam in jou kamer ons moet mekaar vergewe, mekaar laat lewe soos wat ons wil, nou net soos altyd.

Oordeel my vooruit, graf wat jy ronddra in al jou vrae. Breuk die stiltestryd, ons moet verander net vir ander.          

Verander my in tyd, dat jy na my kan kyk en ek kort voor lank net soos jy lyk. Verander my in tyd, dat jy na my kan kyk en ek kort voor lank net soos jy lyk. Almal is anders, almal verander.

Oordeel my vooruit, graf wat jy ronddra in al jou vrae. Breuk die stiltestryd, ons moet verander net vir ander.          

Verander! Ons moet verander, vir ander, net vir ander.

                                                     
8.   Seeheim
         Woorde & Musiek, Jac Blanc

Die Transkaroo het tans ontspoor, en al my drome langs die spoor verloor. In die middel van die Klein Karoo maak ek my koffer oop en vind jou woorde.

My verlange na die see. My verlange word meer en meer.

Soos daechavue voel ek net soos jy voel; vasgevang in ’n dorre landskap. Sonder seile en haweloos, dobber ons rond vrugteloos.

My verlange na die see. My verlange word meer en meer.
Heimwee na die see. Heimwee na die see. 

Almal op die strand, ons hol daar rond. Ons jaag die skuim, ons verlaat die grond. Soos beste vriende, ons wys dit goed. Ons breuk die reels, ons soen mekaar. Ons soen mekaar. Ons sing in stormwaterpype. Ons sing in stormwaterpype.

My verlange na die see   My verlange word meer en meer.
   
                                          
9.   Werke van Sy hande
         Woorde & Musiek, Jac Blanc

Ek weier om weer 'n woord oor jou te skryf.  Jy dink nogsteeds jys al een wat my bereik. Ek weier om weer my kop oor jou te breuk. Ek dink nog steeds jy's al een wat my gebruik.

Ek slaan my oë op na die berge. Waarvandaan sal my hulp dan vandaan kom? Ek het 'jou en my' in my en jy het al jou vryheid.        

Ek weier om weer 'n woord oor jou te praat. Jou twee swakhede is jou woord en daad. Jy skuil in plekke waar ek van jou vergeet. Maar binnekort sal ek jou geheel uitvee.

Ek slaan my oë op na die berge. Waarvandaan sal my hulp dan vandaan kom? Ek slaan my oë op na die wolke…
Ek het 'jou en my' in my en jy het al jou vryheid.        
      
Jy het my beroof jy kan dit hou, jy't dit klaar gebruik, dis joune. Jy het my beroof jy kan dit hou, jy't haar klaar gebruik sy's joune. Net joune!

Ek slaan my oë op na die wolke, daarvandaan sal my hulp dan vandaan kom. “Wat nooit laat vaar die werke van Sy hande nie”.  Ek het 'jou en my' in my en jy het al jou vryheid.        
Vryheid,  al jou vryheid,  al jou vryheid.

Ek weier om weer n woord oor jou te sing 

                                                    
10. Netsowel
         Woorde & Musiek, Jac Blanc

Ek kan netsowel myself wees, want die wereld om my verval. Ek kan netsowel stroom-op swem voor victoria waterval. Dink jy nie ook so nie?   Dink jy nie ook so nie?
Ek kan netsowel my hand uitsteek en jou uit die water help.
Ek kan netsowel my ore spits as jy jou storie aan my vertel.  Dink jy nie ook so nie?   Dink jy nie ook so nie?

Ek kan netsowel maar nigter bly en alles voel gebeur. Ek kan netsowel myself vergeet en biki meer van jou leer. Dink jy nie ook so nie?   Dink jy nie ook so nie? Ek kan netsowel my drome volg soos jy jou hart agtervolg. Ek kan netsowel my woorde tel en vir my eie geluk sorg.   

Hongerly vir woorde vry, wisselstroom wissel baan en ry, tot waar ek nie meer kan ry nie. Vind jou vryheid, dieper delf, sien die skoonheid in jouself en leef vreedsaam in vrede. Wat help dit jou om hulp te vra vir kruise wat jyself moet dra en leer, die lesse van die lewe. Leer die lesse van die lewe.

Leer die lesse van die lewe.

Ek kan netsowel…


11. Eenvoudt
         Woorde & Musiek, Jac Blanc

Hier sit ek weer en wag, tot net na 8, sodat ek jou kan bekostig. Ons praat die fone aan die brand, ons wissel woorde van hoop en liefde. En ons hoop vir liefde; ons wissel woorde.

Want ek kan nie jou nou bekostig.  Maar ek kan nie bekostig  om jou te laat gaan nie. Net so eenvoudig soos my akkoorde, het ek jou nodig, meer as woorde.

Ek staan weer langs die pad, interduim, koud en kaalvoet, ek bibber deur die weer. En die prys van petrol (styg) maar dit sal my nooit weer weg kan hou. Doelgerig opad na jou, waar alles warm is en jou arms my omvou. O jou arms.

Want ek kan nie jou nou bekostig. Maar ek kan nie bekostig  om jou te laat gaan nie. Net so eenvoudig soos my akkoorde, het ek jou nodig, meer as woorde.

Almal om die tafel kuier en klets. Jou ma skep sop op, en als is eerste klas. Jy vlieg 2de klas na ‘n ver, ver land toe. Maar jy sal fine wees, jy’s mos ’n ‘overlander’.  Ons was so gemaklik, als was maklik, ons was bymekaar. Maar nou die afstand, die afstand. Die eenvoud, die een fout, dryf ons verder, verder uitmekaar.

Ek’s jammer oor al my aanjaag en droogmaak.  Ek’s jammer oor al my aanjaag en droogmaak. Ek’s jammer.

 

               HOME               FREE DOWNLOAD               MORE MUSIC              ALBUM INFO              BLOG & COMMENTS              SPONSOR A SONG            
JAC BLANC: Email jacblancband@gmail.com Facebook Jac Blanc se GroepDARRYL DE LANGE: Email darryl@musicology.co.za
 
Make a Free Website with Yola.