Album Info

We wanted to share a bit more info about the songs, rather than important info about myself, like, 'my favourite colour' and 'my favourite pastime'. It is 'green' and 'songwriting' by the way.

I was originally temted to say exactly what every song meant to me, but was discouraged by a friend of mine's beautiful interpretation of the first song, Wolwedans. I still wanted to share this info, seeing that, as a music lover myself, I would love to know what inspired other artist to write certain songs that I love. I made my interpretation of the songs a bit more difficult to find, with big 'Yellow' warning signs.   

WARNING: Please don't follow the 'meaning to me' link if you want to reserve your own interpretation of the song.

ALBUM INFO  

1.   WOLWEDANS     LIRIEKE
            Woorde en Musiek Jac Blanc
     

Waarvandaan ontstaan:
'Wolwedans' is vir my ‘n baie mooi donker en misterieuse woord. Ek het grootgeword naby die plaas Wolwedans, waar die dorp Groot Brakrivier vandag is, en meer onlangs die Wolwedansdam gebou is, wat water voorsien aan ons area, sedert Mossgas se ontstaan.

My eerste kontak met die woord 'wolwedans', kom van ons bediende, Eef,  se obsessie met RSG-stories af. Die enigste radiostorie wat ek kan onthou van my kinderdae, is “Wolwedans in die Skemer”.

Daar loop 2 riviere oor ons plaas. Die een rivier is die Moordkuil rivier ('Waar Rus is'), wat in die Klein Brakrivier in vloei, en die ander rivier, Nuwedrif, is ‘n sytak van die Groot Brakrivier, waar dit in die Wolwedansdam opgevang word. Ek het na ons optrede by die Wolwedansfees baie begin gedink oor die woord, en wat dit alles verteenwoordig vir my.

Toe ons Wolwedans begin record het, het Darryl se dogtertjie van 2 jaar oud, tot ons 'amusement' saamgesing met die chorus, terwyl sy in die huis rondspeel. Hulle het later die aand baie gesukkel om haar aan die slaap te kry, want sy het heeltyd nagmerries gekry van Wolwe. (Shame, sy raak nou nog bang as sy  'Wolwedans' hoor.) Die wiegelied-idee vir 'n intro het toe by my opgekom. Die song se mood en intro het vir ons die mood van die hele album verteenwoordig en dus was dit die natuurlike keuse vir die album se 'opening track'. 



Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm, moet asb nie hierdie link volg nie.


2.   ALS VIR MY     LIRIEKE
           Woorde en Musiek Jac Blanc

Waarvandaan ontstaan:

'Als Vir My' is oorspronklik geskryf net voor die Innibosfees 2007 in Nelspruit. Die song het ‘n groot gedaanteverwisseling ondergaan toe ons hom begin record het. Die song se oorspronklike chorus het vir my afbreek gedoen aan die verses.  
My producer (Darryl de Lange) het my ‘n paar gunse geskuld, en ons het toe begin saamwerk aan ‘n nuwe chorus. Dit moes die regte sleutelwoorde op die regte plekke he, om by die struktuur van die song te pas, en dit was ‘n groter uitdaging as wat ons aanvanklik gedink het. Ons het gevoel  die song het iets spesiaals en wou daarom die beste moontlike chorus daarvoor skryf. Na 3 aande in studio, en 3 verskillende pogings op ‘n nuwe chorus, (wat nie een gewerk het nie), was ek reg om die song tydelik op ys te sit. Maar toe kom ons deurbraak, en ‘happiness’ soos wat hy nou klink. 

Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm, moet asb nie hierdie link volg nie


3.   BETER AS EK     LIRIEKE
           Woorde en Musiek Jac Blanc
     
Waarvandaan ontstaan:

Dit is die eerste song wat ek in Drop D* geskryf het. Ek het geen chords geken in Drop D nie, en het basies net rondgespeel met verskillende note en ritmes wat bymekaar pas. Die chords van die chorus was baie donker en agressief. Ek het in Pretoria gebly in hierdie tyd, en was op ‘n gereelde basis blootgestel aan mense wat op hul medemens neerkyk vanwee hul uiterlike voorkoms (ek is self nie baie lief vir skoene in die somer nie, en fashion is vir my gelykstaande aan ‘consuption’, en dit is deel van die probleem, en nie deel van die oplossing nie). Ek het saam met die chorus se riff, ‘n baie vereenvoudigde melody gesing, maar dit het my 4 of 5 maande gevat om die verses te skryf. Ek het aan die bridge begin werk nadat ons band op daardie stadium baie entosiasties was oor die song. In totaal het die song ongeveer 7maande gevat om te skryf.



Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm, moet asb nie hierdie link volg nie.

4.   IN MEMORY OF YOU     LYRICS
           Words Jac Blanc, Music Darryl de Lange
     
How song came about:

This is a song I co-wrote with my producer, Darryl de Lange.
I was lucky enough to witness something beautiful. I wanted to tell this beautiful story from a different angle. I started plotting the different characters and important events that were needed to make the story fit the frame. Darryl had the right music for the story, and we started working on chords and a basic melody. Seeing that ‘In Memory of You’ is collaboration with Darryl, it is much easier to distance myself from the song, and appreciate it just for what it is.  I am so happy with how all the elements came together, and hope that there is something in the song, that everyone can relate to.

Meaning to me:

WARNING: Please don't follow the 'meaning to me' link if you want to reserve your own interpretation of the song.

5.   LEGEND     LIRIEKE
         Woorde en Musiek Jac Blanc
     
Waarvandaan ontstaan:

Die song is geskryf terwyl ek in ‘n gemeenskaplike huis in Pretoria gebly het, en probeer het om ‘n loopbaan in musiek te begin maak. Ek vind dit vreemd om in depressing tye, happy songs te skryf, en in happy tye, dramatiese ernstige songs, maar dis maar hoe dit is. Ek het die song oorspronklik in Engels begin skryf, en toe gevoel om dit liewers Afrikaans te maak, maar ek kon nie ‘n Afrikaanse woord kry wat Legend kon vervang nie. Na baie pogings het ek besluit om die woord Legend te gebruik, en weg te breek van my somtyds kliniese benadering van  DIE TAAL. (Those days are gone)

Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm, moet asb nie hierdie link volg nie.

 

 5.   LEGEND     LIRIEKE
         Woorde en Musiek Jac Blanc
     
Waarvandaan ontstaan:

Die song is geskryf terwyl ek in ‘n gemeenskaplike huis in Pretoria gebly het, en probeer het om ‘n loopbaan in musiek te begin maak. Ek vind dit vreemd om in depressing tye, happy songs te skryf, en in happy tye, dramatiese ernstige songs, maar dis maar hoe dit is. Ek het die song oorspronklik in Engels begin skryf, en toe gevoel om dit liewers Afrikaans te maak, maar ek kon nie ‘n Afrikaanse woord kry wat Legend kon vervang nie. Na baie pogings het ek besluit om die woord Legend te gebruik, en weg te breek van my somtyds kliniese benadering van  DIE TAAL. (Those days are gone)

Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm, moet asb nie hierdie link volg nie.

 

6.   CHEWING GUM     LYRICS
         Words and Music Jac Blanc

How song came about:

While I was working on the my first album with Stephen Goument, I lived in his studio for a couple of months, to save on traveling cost. While we were being hard at work, in my room/studio, my mind started wondering, while I was chewing a piece of stale gum. The gum has turned tasteless hours ago, and I was trying to think of a good reason why I was still chewing it... The comparison between a troubled relationship, and chewing stale gum, became a suitable metaphor. 

When I first started playing guitar, I made a promise to myself, that I would sing about love, but I would never make use of the word: ‘Baby’. This was the one rule I set out for myself. This song is also about me breaking a promise to myself. It’s a very serious thing… :)

Meaning to me:

WARNING: Please don't follow the 'meaning to me' link if you want to reserve your own interpretation of the song.


 

7.   WAAR RUS IS     LIRIEKE
         Woorde en Musiek Jac Blanc

Waarvandaan ontstaan:

Ons was oppad na my ex-aanstaande aangetroude oom se plaas in die Karoo, toe ons iewers langs die pad die mooiste sonsondergang beleef. Die woorde van Psalm 23, Die Here is my Herder, het soos 'n golf oor my gespoel. Die wysie het ek op 'n manier onthou. Ek het die song altyd saam met my vriendin, Karla gesing, en het toe al geweet ek wil dit eendag saam met 'n meisie-stem opneem. Karla se ouer suster, Zani, is die meisie wat saam met my sing op hierdie recording. Dankie Zani.

Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm, moet asb nie hierdie link volg nie.

 

8.   GDNTEVRWSSLNG     LIRIEKE
         Woorde en Musiek Jac Blanc
     
Waarvandaan ontstaan:

Dit is die eerste song wat ek begin skryf het na die eerste album se launch-toer saam met Marnus, Stephen, en die 2 JP’s. Hulle was van 'n Punk-agtergrond, en ons het dringend vinnige songs nodig gehad vir ons live-shows. Die song se chorus het my baie lank laat sukkel, want ek kon hoor wat ek wou doen, maar het nie geweet hoe om daarby uit te kom nie. Eers toe ek saam met my nuwe band aan ‘Gedaanteverwisseling’ begin werk het, het ek danksy my Bassist (Jan Wolmerans) se hulp, gevoel dat die song uiteindelik klaar is. Tydens die recording het ons baie uitdagings getref, en dit is die song waaraan ons tot heel laaste gewerk het op die album.

Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm, moet asb nie hierdie link volg nie.


 

9.   KKNK     LIRIEKE
        Woorde en Musiek Jac Blanc
     
Waarvandaan ontstaan:

Die song is oorspronklik geskryf vir my ex-aanstaande aangetroude oom  en tannie, Chris en Joey Booysen, se 60ste verjaarsdag. Daar was karavane vol mense op die plaas Brulkop, naby Strydenburg in die Groot Karoo. Daar is altyd ‘n kitaar in die omtrek, en oom Tommy Joubert het aangehou ons moet vir hulle ‘n birthday song skryf; maar ‘n ‘Lekker-song’. Ek het die oom gewaarsku dat ek nie rerig ‘Lekker-songs’ skryf nie, en meer spesialiseer in pols-afkou-kompelasies. Die verses was maklik genoeg om te skryf, siende dat daar ‘n oormaat van kommen Afrikaanse musiek is, wat die onderbewussein bombardeer (inspireer) met idees hoe om ‘n ‘Lekker-song’ te skryf. En toe die Hiep Hiep Hoera deel kom, (geinspireer deur die Kaapse Klopse), het ek stadig en pynvol aan my eerste ‘Lekker-song’ geboorte gegee.
Sedertdien het die song 6 verskillende weergawes gehad. Een daarvan was vir ‘n Nederlandse toergroep wat ek gelei het deur Suider Afrika, en toe later vir die stede Pretoria, Potchefstroom, en ook die Wolwedansfees. Maar die gunsteling weergawe van die song, was die van die hakkelende KKNK karakter (Fictional:). Ek het die song 'n week voor die KKNK 2008 geskryf, en was skepties om dit aan die band voor te stel, maar almal het eenparig besluit om die song by die fees te speel. Ek het net 1 verse en die Chorus geskryf, en die res moes ek opmaak tydens elke show. Die mense by die shows het dit nietemin geniet, en wou net weer 'KKNK' hoor. Lyk my nie dit maak regtig baie saak wat in die verses van ‘n ‘Lekker-song’ aangaan nie:)

Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm, moet asb nie hierdie link volg nie.


10. OM VERLIEF TE WEES
     LIRIEKE
         Woorde en Musiek Jac Blanc
     
Waarvandaan ontstaan:

Laat een aand, na band practice, het ek in my kamer sit en kitaar speel . My huismaat, Jaco Kroon, het kom se ek moet sommer in sy kamer kom sit en speel, want hy het baie werk gehad om te doen, en company gesoek. Ek was om die waarheid te se al hopeloos te moeg vir company hou, en nie lus vir geselskap nie, maar vriende is mos vriende. Ek het so ruk lank sit en rondspeel op my kitaar, en tot my irritasie, vat hy toe die kitaar by my.

En daar speel hy toe die mooiste chords. Ek het dadelik begin rondgespeel met melodies, en toe gryp ek ‘n pen en papier, en begin neerskryf wat ek voel. Ons het die basiese song in ‘n uur of wat, klaar gemaak.  My manlike ego stort in duie as ‘ek erken ek was nogals skepties’ om die song vir die band te speel. Ek was bang dat hulle my uit die Jac Blanc Band sou skop, as ek met 'n song, wat grens aan 'n boybandsong, daar aangehuppel kom. As 'n band, het ons op daardie stadium voor 'n besluit gestaan in terme van die rigting en klank waarin ons wou beweeg: of in die rigting van 'Beter as Ek' of meer in die rigting van 'Uiteindelik'. ‘n Konsenses is binne 36 sekondes bereik dat ons eendag saam met die 'Straatligkinders' wil gaan toer, en nie saam met Shine 4 ‘n Combi wil deel nie. Dus was OVTW taboo...

Gelukkig kon die band my nie uit die Jac Blanc Band skop nie, want daar was fineprint wat my beskerm het, en wat hulle misgelees het toe hulle die kontrakte geteken het.  Dit was die laaste nuwe song waaraan ons band gewerk het, en dit was die eerste song wat ons record het vir die album 'DonkerLig'.


Betekenis vir my:

WAARSKUWING: Indien jy jou interpretasie van die song wil beskerm,  moet asb nie hierdie link volg nie.


11. PLEASE PLAY AGAIN     LYRICS
         Words and Music Jac Blanc
     
How song came about:

After I finished the last few small things on the song: ‘In Memory of You’, I stared at my PC screen for a long time, in a trans-like state of relief. 

I was  picking my guitar while playing an A minor chord and peddeling on the one B-string. This caused a lot of tention, and sounded very dark. I explored some melodys while repeating the first line that came into in my head: ‘Washed up on a shore one day’. (I think the fact that I hear the ocean from my room, and the fresh sea breaze, both played a role in inspiring this song). As soon as I had the second line: ‘She was just going out to play’, I had a story and lots of images in my head. I loved the idea of a one chord song, and felt the need to rather play around with different melodies, and keep the chant-like feel of the picking guitar. I couldn’t finish the song right away, as I made plans to go out with a friend that night. I made a couple of voice recordings on my cell phone, to remember the different melodies. We went to Delfino’s, a beautiful restaurant in Mosselbay, overlooking a tiny beach, the lighthouse, and the point. We were having so much fun; but I just couldn’t wait to get back home, to finish this song. After returning from Mosselbay, I went back to my PC and finished the basic song and story line, very late that morning.   

Meaning to me:

WARNING: Please don't follow the 'meaning to me' link if you want to reserve your own interpretation of the song.

 

 

 


         HOME                  FREE  DOWNLOAD               MORE MUSIC               ALBUM INFO              BLOG & COMMENTS             SPONSOR A SONG              
JAC BLANC: Email jacblancband@gmail.comFacebook GroupPage • DARRYL DE LANGE: Email darryl@musicology.co.za
 
Make a Free Website with Yola.